Mustafa Al-Kadhimi (Arabies: مصطفى الكاظمي, gebore 5 Julie 1967) is 'n Irakse joernalis, prokureur, intelligensiebeampte en politikus, wat van 7 Mei 2020 tot 27 Oktober 2022 as die Eerste Minister van Irak gedien het.[1]
Op 7 November 2021 het hy 'n sluipmoordpoging oorleef. Drie hommeltuie met plofstof het sy woning geteiken. Twee tuie is afgeskiet voordat dit sy woning bereik het.[2]